Ons glo daarin om 'n sterk, ondersteunende gemeenskap te bou wat boere ondersteun en bemagtig.
Ons werk met deursigtigheid en verseker dat daar geen verborge kostes of tussengangers is nie.
Ons prioritiseer direkte skakeling tussen kopers en verkopers.
Dawie is sedert 2020 deel van SA Boere Bemarking. Hy bestuur die bemarking van die onderneming en hanteer die SA Boere Bemarking-veilinggroepe. Sy ervaring en toewyding help om kopers en verkopers op 'n professionele en betroubare manier bymekaar te bring.
Joppie het onlangs by SA Boere Bemarking aangesluit. Hy is verantwoordelik vir die bestuur van die veilingsblad en die plaas, en sien toe dat alles glad en doeltreffend verloop.
Petrus is 'n jong boer van die Petrus Steyn-distrik en is reeds geruime tyd deel van SA Boere Bemarking. Hy bestuur die WhatsApp-veilinggroep en help om vinnige en doeltreffende kommunikasie tussen kopers en verkopers te verseker.
Monique is al geruime tyd deel van SA Boere Bemarking. Sy fokus op die bestuur van advertensies op die veilingsblad en verseker dat produkte en veilings die nodige blootstelling kry.